Dit
is die swaarste pad, loop anderkant verby,
en laat dié oog se luik geslote bly;
Sê:
hy had geen liefde, niks was vas of waar,
en glo dat dit die brein se knak verklaar.
-
Die boot is omgekantel en die meeue kras
waar volle seile en 'n sterk roer was -
Kon
hy jou ligte pyn en klein ontbering dra,
van sterwensiekte sou die siel nie kla;
Maar
hy weet dapper dat dit skemering word,
en soek die antwoord - bitter, snel en kort.
Jou
effenheid is deur 'n rimpeling verstoor,
maar hy het onrus in die ewigheid verloor.
Dus
juig, o hart, oor bloed en lem,
die sku en wilde dier is eindelike getem. |