| |
Net
n ou witkop wat met donker bril
wydsbeen oor die woestyn uit staar
en wonder watter koers vannag
met sy weerbarstige volk weer in te vaar. Tot
dusver het dit bars gegaan
niemand wat sy penarie ook verstaan:
die mannas droog, die waters min,
more sal hy weer die klip moet slaan!
Die
son bak blink, die laer is stil
net die leier wat na rigting tas
hy sug en trek die sagte bokriem
stywer om sy boepens vas. |