'n Koue wind het opgesteek en vul die baai met mis tot dit
jou lyk of meeue bloot dobbervlokke is. Was hulle die aand teenwoordig, kop
onder vlerk gesteek, toe Ingrid deur die wiere beur en haar as offer breek? Hoe
kon hul weet, met oë toe, skuimvlokke wat ook meeue is? Die see stoot
slissend oor die sand: 'n Selfmoord is skoon uitgewis. |