Bloedrooi die alwyn langs die slingerpad. Dis of daar vonke
uit elk vuurpyl spat. Maar niks, niks roer nie...net 'n luggie wat skrams
aan die ritselende grassate vat. Daarbo
die blou, blou lug, daaronder die rivier wat deur die boorde kronkel met 'n
groen swier. Niks stoor die yle swewende Bergstilte hier. Na
al die jare maak ek weer 'n plaashek oop. Waar het my paaie tog nie geloop Om
my hier by 'n hek te bring van al my waan gestroop, maar met my denke helder en
in my hart die hoop? Die
hek staan in die skadwee van 'n kremetart. Die stilte in my's volkome
met Niks troebels, niks verward. Ek lig die knop...Ek maak 'n hek oop
in my hart. |