| |
Elke dag sterf ek 35 minute lank
vasgetangens in my bank
en voor die bord boer
'n iemand wat my wiskunde voer. Gevra:
Trek lyk AB en vind dan C.
Bewys: Ek trek AB
Ek konstrueer 'n middelloodlyn
op... verby die sterre
en vind C
alleen.
Op Pythagoras sit hy kruisbeen
en ween, en ween
so hél alleen. |